Saturday 01 November 2014
Sport / Kleinmond baas in rugby-derby

Die rugbyspanne van Kleinmond en Atlantic (Mt Pleasant) het mekaar Saterdag gepak in die eerste van die plaaslike rugby-derbys van die Superliga-Oos.

Kleinmond was meer suksesvol op die dag, met die A- en B-span wat hul wedstryde gewen het. Die C-span het 170 teen Atlantic verloor.

Atlantic A se verdediging en verkeerde besluite het die span gekelder en hulle het 2013 verloor. Kleinmond se puntemakers was Cecil Abrahams, Wessel Arendse, Gavin Pietersen en Dustin Stewart. Vir Atlantic het Bernard Cornelius die telbord aan die gang gehou deur twee strafskoppe en een doelskop oor te skop. Goodman Mvobane het vir Atlantic agter die pale gaan kuier.

Ná sy mooi oorwinning verlede week, het Atlantic se B-span weer verloor, maar die telling van 1712 het verseker dat die span ’n bonuspunt verdien het.

Kleinmond se puntemakers was Alex Arendse, Elvino Hopley en Malcolm Oncke, terwyl Jerome Julies, Xavier Matinka en Herschel Vermaak Atlantic se punte aangeteken het.

Atlantic se C-span het sy wenmomentum behou. Kleinmond het Atlantic tot rustyd in toom gehou, maar daarna het Atlantic die krane oopgedraai. Fernando Theunissen en George Appel het agter die pale gaan kuier. Ayrton Lakay het albei drieë verdoel en ook met ’n strafskop geslaag.

Atlantic sal sy sokkies moet optrek. Hulle speel komende Saterdag tuis teen Standards van Bredasdorp, wat ’n harde neut is om te kraak.

  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE

top
bottom